Job 4:17-21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. ‘Kan ’n sterflike mens regverdig wees voor sy Maker, en ’n blote mens rein wees voor sy Skepper?’

18. Selfs sy eie hemelse dienaars kan God nie vertrou nie. Selfs sy boodskappers is voor Hom vol gebreke.

19. Hoe kan Hy ons vertrou wat van klei gemaak is?Ons is van stof gemaak, en word papgedruk, so maklik soos ’n mot.

20. Tussen oggend en aand word hulle vernietig, onopsigtelikvergaan hulle vir altyd.

21. Hulle tentpenne word uitgetrek, en hulle sterf sonder om wysheid te leer.”

Job 4