Job 35:5-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Kyk op in die lug,sien die wolkehoog bokant jou raak.

6. As jy sondig, hoe raak dit Hom?Selfs as jy aanhou om weer en weer sonde te doen, wat doen dit aan Hom?

7. Of as jy reg optree, wat beteken dit vir Hom?Wat kan jy vir Hom gee?

8. Jou sondes raak net die mense soos jyen jou goeie dade beïnvloed net ander mense.

9. “Mense roep om hulp onder hulle swaar verdrukking.Hulle kreun onder die mag van die sterkes.

10. Tog vra hulle nie: ‘Waar is God, ons Maker,die Een wat ons ’n lied laat sing in die nag?

11. Waar is Hy wat ons meer geleer het as vir die diere en ons slimmer gemaak hetas die voëls?’

Job 35