Job 27:19-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

19. Die kwaaddoener gaan slaap in rykdom, maar sal dit nie behou nie.Hy ontwaak in armoede.

20. Angs oorweldig hullesoos ’n vloeden die storm waai hulle weg in die nag.

21. Die oostewind waai hulle ver weg, en hulle is nie meer nie.

22. Sonder genade kom die wind op hulle af.Hulle probeer wegkom van die storm se geweld.

23. Almal is bly oor hulle ondergang en spot met hulle.”

Job 27