Job 14:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Hoe broos is die mens!Hoe kort is sy lewe! Hoe vol moeite!

2. Soos ’n blom bloei dit vir ’n oomblik en verwelk.Soos die skadu van ’n drywende wolk,so verdwyn dit.

3. Moet U so ’n brose wese in die oog hou en verantwoording van my eis?

4. Wie kan reinheid skep in iemandwat onrein gebore is?Niemand nie!

5. U het besluit oor die lengte van ons lewe. U bepaal hoeveel maande ons sal leef,en nie ’n minuut langer nie.

Job 14