Jesaja 60:3-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. Nasies sal stroom na jou lig,en konings na die glans van die nuwe dag wat vir jou aangebreek het.

4. Kyk rondom jou.Hulle kom almal bymekaar.Jou seuns kom uit ver lande.Jou dogtertjies word op die heup gedra.

5. Jy sal dit sien, jou oë sal blink, en jou hart sal bons van vreugde,want handelaars van oordie hele wêreldbring hulle skatte na jou,die rykdom van baie lande.

6. Troppe kamele kom na jou toe, jong kamele uit Midian en Efa. Almal wat uit Skeba kom,bring goud en wierook om daarmee die lof van die Here te besing.

7. Die kleinvee van Kedar word vir jou gegee.Die ramme van Nebajot is tot jou beskikking.Hulle sal aanvaarbaar weesvir offers op my altare.Ek sal my heerlike tempel nog verder verheerlik.

Jesaja 60