Jesaja 52:11-14 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

11. Gee pad, gee pad!Trek weg uit Babel! Moenie wat onrein is, aanraak nie. Kom daar uit en sorg dat julle rein is,julle wat die tempelgereedskap van die Here dra.

12. Julle sal nie haastig padgee nie.Julle sal nie hardloop soos vlugtelinge nie.Die Here sal voor julle uittreken die God van Israel sal julle van agter beskerm.

13. My dienaar sal voorspoedig wees.Hy sal hoog in aansien wees.Almal sal hom eer.

14. Baie mense was ontsteld toe hulle hom sien.Hy was so misvormdat hy skaars soos ’n mens gelyk het.

Jesaja 52