Jesaja 52:10-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Die Here sal sy heilige magvoor die volke se oë vertoon.Tot aan die uithoeke van die aarde sal hulle God se redding sien.

11. Gee pad, gee pad!Trek weg uit Babel! Moenie wat onrein is, aanraak nie. Kom daar uit en sorg dat julle rein is,julle wat die tempelgereedskap van die Here dra.

12. Julle sal nie haastig padgee nie.Julle sal nie hardloop soos vlugtelinge nie.Die Here sal voor julle uittreken die God van Israel sal julle van agter beskerm.

13. My dienaar sal voorspoedig wees.Hy sal hoog in aansien wees.Almal sal hom eer.

14. Baie mense was ontsteld toe hulle hom sien.Hy was so misvormdat hy skaars soos ’n mens gelyk het.

15. Hy sal baie volke en hulle konings rein maak,en konings sal sprakeloos voor hom wees.En hulle sal hoor wat hulle voorheen nog nooit gehoor het nie.

Jesaja 52