Jesaja 51:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Luister baie mooi na My, almal wat die reg nastreef en na die wil van die Here vra!Dink aan die rots waaruit julle gekap is, die klipgroef waaruit julle gesny is.

2. Dink terug aan Abraham en Sara, van wie julle afstam.Abraham was alleen toe Ek hom geroep het.Maar Ek het hom geseën, en hy het ’n groot nasie geword.”

Jesaja 51