4. Ek sal julle God wees deur julle hele lewe. Tot julle stokoud is,sal Ek julle dra.Ek het julle gemaak, en sal vir julle sorg.Ek sal julle ondersteunen julle red.
5. “Met wie wil julle My vergelyk,aan wie wil julle My gelykstel?Wie is soos Ek,om hom met My te vergelyk?
6. Mense gooi goud uit ’n sak,en weeg silwer af op ’n skaal.Hulle huur ’n goudsmidom ’n afgodsbeeld te maak.Dan buig hulle en aanbid die afgodsbeeld.
7. Hulle dra die beeld op hulle skouers na ’n ander plek.Hulle sit dit daar neer,en daar staan dit!Dit kan glad nie vanself beweeg nie.Wanneer iemand roep, is daar geen antwoord nie.Dit kan niemand red uit sy nood nie.
8. “Onthou dit, neem dit ter harte,julle opstandiges.