1. Die afgodsbeelde van Babel, Bel en Nebo, word weggery op waens. Osse sleep hulle weg.Die arme diere steier onder die swaar vrag.
2. Die afgodsbeelde en diere wat hulle wegsleep, sak inmekaar.Die gode kan die mensenie beskerm nie.Maar die mense kan ook nie die gode beskerm nie.Saam gaan hulle in ballingskap.
3. “Luister na My, nageslag van Jakob,oorblyfsel uit die nageslag van Israel.Ek het voor geboorte vir julle gesorgen julle kleintyd vasgehou.