Jesaja 29:17-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

17. Baie gou, binne ’n kort tydjie, sal die wildernis van die Libanon verander in ’n vrugbare veld.En die vrugbare velde sal ’n lowerryke bos word.

18. Daardie dag sal dowe mense hoorhoe daar uit ’n boek gelees word, en blinde mense sal deur die somberheiden donkerte kan sien.

19. Nederige mense sal vol wees van blydskap wat van die Here af kom.Arm mense sal bly wees oor die Heilige van Israel.

20. Die mense wat ander geïntimideer en geteister het,sal weg wees.Almal wat komplotte gesmee het,sal doodgemaak wees.

21. Hulle wat onskuldiges skuldig bevind het met hulle valse getuienis,sal verdwyn.Die mense wat met ’n bedriegspul die reg omgedraai het en leuens vertel het om onskuldiges af te kraak, sal nie meer bestaan nie.

22. Dis hoekom die Here, wat vir Abraham gered het, vir die mense van Israel sê: “My volk sal nie bleek word van vrees nie.Hulle sal nie skaam wees nie.”

Jesaja 29