Jesaja 29:1-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Verwoesting wag vir Ariël, Ariël, die Dawidstad. Jaar na jaar hou julle die feeste.

2. Maar Ek bring ramp na ramp oor jou.Hulle sal baie oor jou huil.Want Jerusalem sal word soos sy naam beduie:’n altaar vol bloed.

3. Ek sal jou vyand word.Ek sal Jerusalem omsingel en sy mure aanval. Ek sal beleëringswalle bouteen die mure en dit vernietig.

4. Jou stem sal wees soos die gefluister van ’n spook wat uit die aarde kom, uit die stof waar jy begrawe lê.

5. “Maar skielik sal die genadelose vyande weggedryf word soos kaf voor die wind.

6. In ’n oomblik sal die Heredie Almagtige,teen hulle kom met donderweer en aardbewings en groot geraas, met dwarrelwinde en storms en vuur wat alles verteer.

7. Al die nasies wat geveg het teen Jerusalem, sal soos ’n droom verdwyn!Die vyande wat haar mure aangeval het, sal verdwyn soos ’n visioen van die nag.

8. Honger mense droom van kos,maar is steeds hongerwanneer hulle wakker skrik.Mense wat dors is, droom van water, maar bly dors as hulle wakker word.Op dieselfde manier sal jou vyande droom dat hulle Jerusalemoorwin.Maar dit sal nie gebeur nie.”

9. Is julle verbaas en verstom? Glo julle my nie? Gaan dan maar aan en sien niks.Julle is dronk, maar nie van wyn nie.Julle struikel, maar nie van bier nie!

10. Die Here het ’n diep slaap oor julle laat kom.Hy het die oë toegesluit van julle profete en sieners.

11. Die openbaring van toekomstige gebeure is ’n verseëlde boek vir hulle. As jy dit gee vir mense wat kan lees, sal hulle sê: “Ons kan dit nie lees nie, want die boek is verseël.”

12. En as jy dit vir mense gee wat nie kan lees nie, sal hulle antwoord: “Jammer, maar ons kan nie lees nie.”

13. So het die Here gesê: “Hierdie mense sê hulle behoort aan My.Hulle eer My met hulle monde, maar hulle harte is ver van My af.En hulle aanbidding bestaan uit niks meer as menslike opdragte en tradisies.

Jesaja 29