Jesaja 20:4-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Want die koning van Assirië sal die mense van Egipte en Etiopië as gevangenes wegneem. “Hy sal hulle kaal en sonder skoene laat loop, die jonges en die oues. Hulle sal kaal wees, tot Egipte se skande.

5. Almal wat hulle vertroue op Etiopië gestel het en oor Egipte grootgepraat het, sal bang word en ook skaam kry.

6. Hulle sal sê: ‘Kyk wat het gebeur met dié op wie ons gehoop het en na wie ons gevlug het om ons van die koning van Assirië te red! Hoe sal ons ooit kan ontsnap?’”

Jesaja 20