Jesaja 10:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Verwoesting wag vir die onregverdige regters, vir hulle wat onregverdige wette uitvaardig.

2. Hulle ontneem die armes en verdruktes van regverdige regspraak. Ja, hulle besteel weduwees en weeskinders.

3. Wat gaan julle doen die dag as Ek verwoesting uit ’n ver land na julle toe stuur? Na wie toe sal julle dan draai vir hulp? Waar sal julle skatte veilig wees?

Jesaja 10