37. Babel sal verander in ’n bouval, ’n lêplek vir jakkalse, ’n plek wat mense met afgryse en veragting vervul. Niemand sal meer daar woon nie.
38. Hulle brul saam soos leeus, grom soos leeuwelpies.
39. Terwyl hulle nog dronk is van die wyn, berei Ek vir hulle ’n ander fees. Ek sal hulle dronk maak sodat hulle vrolik kan raak. Hulle sal aan die slaap raak en nooit weer wakker word nie,”sê die Here.
40. “Ek sal hulle na die slagpale bring soos lammers, ramme en bokke.
41. Hoe verskriklik is die val van Babel, vroeër geprys deur die wêreld!Nou sal Babel afstootlik wees onder die nasies.