Jeremia 49:3-11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

3. “Huil droewig, Gesbon, want die stad Ai is verwoes. Kla maar, inwoners van Rabba! Trek julle rouklere aan, huil en loop heen en weertussen die mure. Want julle god Milkom sal in ballingskap gaan,saam met sy priesters en sy amptenare.

4. Wat spog julle so met julle vrugbare valleie, julle ontroue mense? Julle vertrou op julle rykdom. Julle dink niemand kan julle aanval nie!

5. Ek, die oppermagtige Here, die Almagtige, sê:Kyk, Ek bring verskrikking oor julle.Julle bure sal julle uitdryf, en julle sal verstrooi word. Niemand sal die vlugtelinge weer bymekaarbring nie.

6. “Maar as alles eendag verby is, sal Ek Ammon se lot weer verander,”sê die Here.

7. Hierdie boodskap handel oor Edom. Die Here, die Almagtige, sê: “Is daar nie meer mensein Teman wat verstandig is nie? Wat het geword van mense met gesonde verstand? Is daar niemand oormet goeie raad nie?

8. Draai om en vlug weg! Julle wat in Dedan bly, kruip weg in grotte! Want Ek gaan Edommet ’n ramp tref. Die tyd van afrekening het gekom.

9. Los die druiweplukker nie altyd iets in die wingerd nie? As diewe in die nag inbreek, neem hulle ook nie alles saam nie.

10. Maar Ek sal Edom kaal stroop. Niemand sal vir My kan wegkruip nie. Ek sal hulle kinders,familie en bure uitroei. Edom sal ophou bestaan.

11. Los julle weeskinders vir My. Ek sal sorg dat hulle bly lewe. Julle weduwees kan ook op My vertrou.”

Jeremia 49