Jeremia 48:2-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Niemand sal meer oor Moab spog nie. In Gesbon beplan hulle ’n komplot teen Moab: ‘Kom ons beëindig hulle voortbestaan as ’n nasie!’ Hulle sal die stad Madmen stilmaak. Geweld sal ook hierdie stad tref!

3. Uit Goronajim klink ’n kreet op: ‘Verwoesting! Groot vernietiging!’

4. Moab se mag is gebreek! Hoor hoe huil die kinders.

5. Hulle vlugtelinge gaan op na Lugit terwyl hulle bitterlik huil; op pad af na Goronajim word smartkrete gehoor oor al die verwoesting.

6. Vlug vir julle lewens! Oorleef soos ’n wildedonkie in die woestyn!

7. Jy stel jou vertroue op jou prestasies en jou rykdom. Maar hulle sal jou gevange neem. Jou god Kemos,sy priesters en amptenaresal almal saam in ballingskap gaan.

8. Jou vyand sal al jou dorpe verwoes.Geen stad sal gespaar bly nie. Hulle sal die valleie beskadig en die vlaktes verwoes. Ek, die Here, sê dit sal gebeur!

9. As Moab net vlerke gehad het sodat sy kon wegvlieg! Moab se dorpe sal almal verwoes word, sodat niemand meer daarin woon nie.

Jeremia 48