Jeremia 47:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Die Here het ’n boodskap vir die profeet Jeremia oor die Filistyne gegee. Dit was nog voor die farao vir Gasa aangeval het.

2. Die Here sê: “’n Vloed kom uit die noorde, ’n stroom wat alles oorspoel. Dit oorspoel die land en vul alles daarin,dorpe en inwoners. Die mense sal uitroep.Al die inwoners van die landsal weeklaag.

3. Hoor die geluid van perdehoewe,die gedreun van strydwaens wat verbyjaag. Vaders draai nie eers om na hulle kinders nie want hulle kan hulle nie red nie.

4. Die tyd het gekom om al die Filistyne uit te roei.So ook Tirus en Sidon,hulle bondgenote,wat sou kon help.Want die Here vernietig die Filistyne,hulle wat oorspronklik van Kreta af kom.

Jeremia 47