Jeremia 43:10-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

10. Sê vir die mense van Juda die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘Julle kan julle maar klaarmaak. Ek gaan my kneg Nebukadnesar, die koning van Babel, hier na Egipte toe laat kom. Ek sal sy troon neersit op hierdie klippe wat Ek weggesteek het. Hy sal sy koninklike tent bo-oor dit opslaan.

11. Nebukadnesar sal kom en Egipte aanval. Wie bestem is om dood te gaan, sal doodgaan. Wie in ballingskap moet gaan, sal gaan. En wie deur geweld moet sterf, sal so sterf.

12. Hy sal die tempels van die Egiptiese gode aan die brand steek en die afgode met vuur verbrand of as buit wegvat. Hy sal Egipte skoonmaak soos ’n herder van insekte in sy klere ontslae raak. Daarna sal hy rustig daarvandaan weggaan.

13. Hy sal die pilare voor die tempel van die son in Egipte afbreek en die tempels van die Egiptiese gode afbrand.’”

Jeremia 43