Jeremia 42:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

9. Hy het vir hulle gesê: “Julle het my na die Here, die God van Israel gestuur om julle versoek voor Hom te stel. Die Here sê:

10. ‘Bly hier in die land. As julle dit doen, sal Ek julle opbou en nie afbreek nie. Ek sal julle plant en nie ontwortel nie. Ek is jammer oor al die ellende wat Ek julle moes aandoen.

11. Moenie langer vir die koning van Babel bang wees nie, sê die Here. Ek sal julle nie in die steek laat nie. Ek is by julle teenwoordig. Ek sal julle van sy oorheersing vrymaak.

12. Ek sal meegevoel hê met julle sodat hy ook meegevoel met julle sal hê. Dan sal hy julle in julle land laat bly.’

13. “Maar julle sal aan die Here julle God ongehoorsaam wees as julle sê: ‘Ons wil nie in hierdie land bly nie.

14. Nee, ons wil in Egipte gaan bly! Daar sal ons vry wees van oorlog en die geluid van die ramshoring wat mense oproep vir oorlog of hongersnood aankondig.’

15. “Luister dan gerus na wat die Here sê oor die mense wat in Juda oorgebly het. “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: ‘As julle volhou om na Egipte te gaan en daar te gaan woon,

Jeremia 42