Jeremia 42:20-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. “Julle het ’n fatale fout gemaak toe julle my gestuur het om tot die Here julle God te bid en te sê: ‘Sê net vir ons wat die Here sê en ons sal dit doen.’

21. Vandag het ek presies vir julle gesê wat Hy sê, maar julle sal nie gehoorsaam wees nie, nes julle nog nooit gedoen het wat die Here julle God gesê het nie.

22. Julle hou mos aan dat julle in Egipte wil gaan woon. Julle kan verseker wees dat julle daar in oorlog, of van honger, of van siekte sal doodgaan.”

Jeremia 42