Jeremia 4:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Israel, keer terug na My toe,”sê die Here. “As julle ontslae raak van die afskuwelike afgode,sal julle nie meer so rigtingloos wees nie.

2. As julle ’n eed sweer en my Naam gebruik, moet julle die waarheid praat. Begin reg lewe, behandel mense regverdig en doen wat reg is. As julle dit doen, sal julle die nasies van die wêreld seën.Hulle sal My kom vereer.”

3. Dit is wat die Here vir die mense van Juda en Israel sê: “Ploeg die harde grond van julle harte. Moenie goeie saad tussen dorings saai nie.

4. Maak julle harte en gedagtes skoon voor die Here, inwoners van Juda en Jerusalem. Anders sal my woede oor julle uitbreek oor julle sonde,soos ’n vuur wat niemand kan blus nie.”

Jeremia 4