1. Die Here het vir Jeremia ’n boodskap gegee. Dit was in die tyd toe Jojakim, seun van Josia, koning van Juda was. Hy het gesê:
2. “Gaan na die plek waar die Rekabiete bly. Nooi hulle om saam met jou na die tempel van die Here te kom. Vat hulle na een van die vertrekke binne-in die tempel en bied vir hulle wyn aan om te drink.”
3. Ek het toe vir Jaäsanja seun van Jeremia en kleinseun van Gabassinja gaan haal, en ook al sy broers en seuns en al die Rekabietefamilies.