1. In die laatsomer van die vierde jaar van die bewind van Sedekia koning van Juda het Gananja met my gepraat. Gananja, ’n profeet, was die seun van Assur, afkomstig uit Gibeon. Hy het met my gepraat in die tempel van die Here terwyl al die priesters en gewone mense gestaan en luister het. Hy het gesê:
2. “Die Here, die Almagtige, die God van Israel, sê: Ek verbreek die juk van die koning van Babel.
3. Koning Nebukadnesar het ’n klomp voorwerpe uit die tempel na Babel toe weggedra. Oor twee jaar sal Ek dit weer na die tempel toe terugbring.
4. Ek sal ook vir Jojagin, die seun van Jojakim, hiernatoe terugbring. Ek sal ook al die ballinge van Juda wat hulle na Babel weggevoer het, terugbring. Ek sal die juk van die koning van Babel stukkend breek, sê die Here.”
5. Die profeet Jeremia het die profeet Gananja geantwoord voor die priesters en al die mense wat in die tempel gestaan het.