Jeremia 26:20-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

20. In dié tyd was daar ook ’n ander persoon wat namens die Here geprofeteer het. Sy naam was Urija seun van Semaja, afkomstig uit Kirjat-Jearim. Sy boodskappe was ook teen hierdie stad en hierdie land, soortgelyk aan Jeremia se boodskappe.

21. Toe koning Jojakim, van die offisiere van sy leër en van die leiers van Juda hoor wat hy sê, het die koning iemand gestuur om hom dood te maak. Maar toe Urija van die sameswering teen hom hoor, was hy baie bang. Hy het na Egipte toe gevlug.

22. Toe het koning Jojakim Elnatan seun van Akbor saam met ’n paar ander mense Egipte toe gestuur.

23. Hulle het Urija in Egipte gevang en na koning Jojakim toe teruggebring. Die koning het Urija laat teregstel en hom in ’n ongemerkte graf begrawe.

24. Agikam seun van Safan het ook by Jeremia gestaan. Hy het gekeer dat hulle Jeremia aan die skare oorgee om hom dood te maak.

Jeremia 26