1. Koning Jojagin van Juda was die seun van Jojakim. Koning Nebukadnesar van Babel het hom in ballingskap weggevoer. Hy het saam met Jojagin ook die leiers van Juda, die ambagsmense en ander opgeleide persone uit Jerusalem na Babel toe gebring. Nadat dit gebeur het, het die Here my ’n visioen laat sien van twee mandjies met vye wat voor die tempel van die Here staan.
2. In een van die mandjies was daar vars, ryp vye. Die vye in die ander mandjie was sleg, so sleg dat geen mens dit kon eet nie.
3. Die Here het toe vir my gevra: “Wat sien jy, Jeremia?” Ek het geantwoord: “Ek sien vye. Sommige van die vye is baie goed terwyl ander so sleg is dat ’n mens dit nie kan eet nie.”