Jeremia 20:16-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

16. Mag dié man wees soos die dorpe wat die Heresonder genade vernietig het. Mag hy in die oggend weeklag hoor, en in die middag oorlogsgeskreeu

17. omdat hy my nie voor my geboorte doodgemaak het nie. Ag, kon my ma se liggaam vir ewig my graf gewees het!

18. Hoekom is ek ooit gebore om al die swaarkry en pynte sien? Moet ek my lewe lank vernedering ervaar?

Jeremia 20