6. Here, daar is niemand soos U nie! U is groot, u Naam dra gesag!
7. Is daar iemand wat U nie sal vrees nie, Koning van al die volke? U alleen verdien eer! Daar is niemand op aarde of in enige koninkryk wat so verstandig soos U is nie.
8. Mense wat afgode vereer, is dom en dwaas. Die goed wat hulle aanbid,is dan van hout!
9. Hulle bring die fynste silwer uit Tarsis en suiwer goud uit Ufas en ’n handvaardige goudsmid maak ’n beeld. Vaardige kleremakers trek dan vir hierdie beeld klere van duur materiaal aan.
10. Maar die Here is die enigste ware God, Hy is die God wat lewe. Hy sal vir altyd Koning bly! As Hy kwaad is, bewe die aarde. Die nasies is nie bestand teen sy woede nie.
11. Sê vir mense wat die afgode aanbid: “Julle sogenaamde gode, wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie, sal van die aarde af verdwyn.”
12. God het die aarde deur sy krag gemaak. Hy het die wêrelddeur sy kennis laat ontstaan. Dit is deur sy insig dat die hemel uitgesprei lê.
13. As Hy praat, kom die wolkmassa in oproer. Hy laat mistigheid opstyg vanaf die eindes van die aarde.Hy stuur ook weerlig saam met die reën,Hy laat die wind vryuit sy stoorkamers.