Jeremia 10:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Luister na wat die Herevir julle sê, Israel!

2. Die Here sê:“Moenie die praktyke van die nasies navolg nie. En moenie bang wees vir hulle voorspellings of vir tekens aan die hemel nie, al wek dit vrees by die nasies.

3. Hulle gebruike is tevergeefsen dwaas. Hulle kap ’n boom af in ’n bos en ’n ambagsman maak daarvan ’n beeld.

4. Hulle versier hierdie beeld met goud en silwer. Hulle spyker dit dan vassodat dit nie omval nie.

5. Hulle afgode is so hulpeloos soos ’n voëlverskrikker in ’n groentetuin! Hulle kan nie praat of loop nie, maar moet gedra word. Moenie bang wees vir sulke gode nie. Hulle kan niemand kwaad aandoen nie. Hulle kan ook niks goeds vir enigiemand doen nie.”

Jeremia 10