6. Maar, as ’n mens bid, moet jy die vertroue hê dat God sal antwoord, want iemand wat twyfel, is soos ’n brander in die see wat deur die wind aangejaag en heen en weer gedryf word.
7. So iemand kan mos nie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie.
8. Hy is iemand wat nie tot ’n besluit kan kom nie; op so iemand kan jy nie peil trek nie.
9. Gelowiges wat nie status in die samelewing het nie, moet trots wees op die status wat God aan hulle gee.
10. Gelowiges wat ryk is, moet bly wees oor hulle nederige status voor God. Want hulle rykdom sal soos die veld se blomme net ’n rukkie hou.