8. “Israel vermeng met die nasies en word net soos hulle. Efraim is soos ’n roosterkoek wat nie omgedraai is nie en halfgebak en waardeloos geword het!
9. Vreemdes het sy kragte getap, maar hy kom dit nie eens agter nie. Hy het oud en swak geword, maar hy besef dit nie.
10. Israel se verwaandheid getuig teen hom, tog draai hy nie om, terug na die Here sy God toe nie. Hy probeer nie eens om Hom te soek nie.