Hosea 7:1-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. “Ek wou die voorspoed van my volk herstel. Ek wou Israel genees, maar sy sonde en die oortreding van Samaria kom aan die lig. Hulle lieg vir mekaar, diewe breek in en bendes roof op straat.

2. Hulle besef nie dat Ek bewus is van al hulle bose dade nie. Nou het hulle dade hulle ingehaal en Ek sien dit alles!

3. “Hulle maak die koning bly met al hulle boosheid en die leiers met hulle leuens.

4. Hulle is almal egbrekers, soos ’n gloeiende oond wat aanhou smeul nadat die bakker opgehou het om dit te stook. Hy doen dit sodat hy die deeg kan knie, en wag dan dat dit moet rys.

Hosea 7