Hosea 14:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

5. Die Here sê: “Dan sal Ek julle genees van julle ontrouheid; my liefde sal geen perke ken nie, want my woede is weg vir altyd!

6. Ek sal vir Israel wees soos verfrissende dou. Hy sal bloei soos ’n lelie. Hy sal diep in die aarde wortelskiet soos die seders van die Libanon.

7. Sy takke sal uitsprei soos die sierlike olyfboom, so geurig soos die plante van die Libanon.

Hosea 14