Hooglied 1:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Salomo se heel mooiste lied.

2. “Soen my weer en weer! Jou liefde is soeter as wyn.

3. Jou parfuum ruik heerlik. Jou naam is soos parfuum! Dis waarom meisies so baie van jou hou.

4. Vat my saam met jou! Kom, laat ons hardloop! Laat die koning my na sy kamer toe neem.”“Kom ons juig! Ons is bly oor jou!Ons hou meer van jou liefdeas van wyn.” “Geen wonder meisies het jou so lief nie.

5. Ek is donker en ek is pragtig,vroue van Jerusalem. Ek het die kleur van die tente van Kedar en die tentdoeke van Salomo.

Hooglied 1