Hebreërs 11:1-2 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Wat is geloof dan? Dit is ’n vaste versekering dat die dinge waarna ons uitsien, inderdaad sal gebeur. Dit is die bewys dat God die dinge wat ons nog nie kan sien nie, waar sal maak.

2. Juis op grond van hierdie geloof word daar so positief oor die mense van vroeër getuig.

Hebreërs 11