3. Toe hy op sy sending naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel hom omstraal!
4. Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”
5. “Wie is U, Here?” het hy toe gevra.“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dis vir Mý wat jy vervolg!
6. Staan nou op en gaan die stad in. Dáár sal vir jou gesê word wat jou te doen staan.”
7. Die mans saam met hom was sprakeloos van verbasing, want hulle het iemand se stem gehoor, maar niemand gesien nie.