22. “Luister na wat ek gaan sê, geagte mede-Israeliete! Soos julle self weet, het God in die openbaar by julle bevestig dat Jesus van Nasaret die Here is. Dit is bevestig deur kragtige dade, wonders en tekens wat God Hom by julle laat doen het.
23. Maar julle het opgetree soos God dit vooruit bepaal het. Met die hulp van nie-Jode het julle Hom aan die kruis gespyker en vermoor.
24. God het Hom egter van die smarte van die dood gered en Hom opgewek, want die dood kon Hom nie in sy greep hou nie.
25. “Koning Dawid het die volgende van Hom gesê:‘Ek het die Here altyd by my gesien.Niks en niemandsal my laat wankel nie,want Hy is hier reg by my.
26. Dis hoekom my hart bly is,en my tong jubel!Ja, nog meer: omdat ek hoop het,leef ek rustig.
27. Ek weet U sal my geesnie in Hades agterlaat nieof toelaat dat u Heiligein die graf vergaan nie.
28. U het my die paaie geleerwat na die lewe lei,U sal my bly maakmet u teenwoordigheid.’
29. “Geagte volksgenote, verstaan goed! Dawid het in dié woorde wat ek aangehaal het, nie van homself gepraat nie. Ons weet mos: hy hét gesterf en is begrawe, en sy graf is tot vandag toe nog hier by ons.
30. “Hy het dus as profeet opgetree, en hy het geweet dat God met ’n eed aan hom belowe het dat een van sy nakomelinge as Messias op sy troon sou sit.
31. Dawid het in die toekoms gesien en oor die opstanding van die Messias gepraat: Hy sal nie in Hades agtergelaat word nie, sy liggaam sal nie in die grafvergaan nie.
32. “Hierdie woorde van Dawid handel oor Jesus: God het Hom opgewek. Ons is almal getuies hiervan.
33. Hy is derhalwe verhoog tot die regterhand van God, en nadat Hy die belofte van die Heilige Gees van die Vader ontvang het, het Hy dit uitgestort soos julle nou sien en hoor.
34. Dawid is nie die een wat na die hemel toe opgevaar het nie, en tog sê hy:‘Die Here het vir my Here gesê:Sit aan my regterhand
35. totdat Ek jou vyandeheeltemal aan jou onderwerp het.’
36. “Die hele Israel moet dus vir seker weet: God het hierdie Jesus wat júlle gekruisig het, Here en Christus gemaak!”
37. Petrus se woorde het hulle diep geraak. Hulle het toe vir Petrus en die ander apostels gevra: “Geagte volksgenote, wat moet ons doen?”
38. Petrus antwoord hulle: “Kom tot inkeer en maak reg met God. Laat julle in die Naam van Jesus Christus doop sodat julle sondes vergewe kan word, en julle sal die Heilige Gees as gawe ontvang.
39. Hierdie belofte is bedoel vir julle en julle kinders, en selfs vir die nie-Jode – almal wat die Here ons God sal naderroep.”