15. Toe kom die stem weer: “Wat God rein gemaak het, mag jy nie onrein ag nie.”
16. Dit het drie keer gebeur. Toe is die doek weer in die hemel opgetrek.
17. Petrus was verdwaas. Wat kon die gesig tog beteken? Juis op daardie stadium kry die mans wat deur Kornelius gestuur is, die huis en hulle staan by die voordeur. Hulle was op soek na die huis van Simon
18. en vra toe of Simon met die noemnaam Petrus daar ’n gas is.
19. Terwyl Petrus nog wonder oor die gesig, het die Gees vir hom gesê: “Hier is drie mans wat jou soek.
20. Gaan ondertoe en moenie huiwer om saam met hulle te gaan nie, want Ék het hulle gestuur.”
21. Petrus het toe ondertoe gegaan en vir die mans gesê: “Hier is ek, dis vir my wat julle soek. Waarom is julle hier?”