12. U stap oor die aarde in verontwaardiging, U vertrap die nasies in u woede.
13. U gaan uit om u volk te verlos, U red u gesalfdes.U verpletter die leier van kwaaddoeners, van kop tot tone stroop U hom kaal.
14. U deurboor die leier van die soldate met sy eie spies. Sy soldate storm uit soos ’n warrelwind,want hulle dink Israel is ’n maklike prooi.
15. U vertrap die see met u perdesodat magtige waters opbruis.
16. Toe ek al hierdie dinge hoor, het ek gesidder. My lippe het van vrees gebewe, my liggaam het lam geword, my bene het onder my ingegee. Tog sal ek rustig wag vir die dag wanneer rampspoed dié mense trefwat besig is om ons aan te val.