Genesis 9:14-20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

14. Wanneer Ek die wolke in die lug laat saampak en die reënboog verskyn,

15. sal dit My herinner aan my verbond met julle en alle lewende wesens dat daar nooit weer ’n vloed sal wees wat alle lewe vernietig nie.

16. “Sodra Ek die reënboog in die wolke sien, sal Ek herinner word aan die blywende verbond tussen My en alle lewende wesens op aarde.”

17. God het dit vir Noag herhaal: “Dit is die teken van my verbond wat Ek met alle lewende wesens op aarde aangegaan het.”

18. Sem, Gam (die pa van Kanaän) en Jafet, die drie seuns van Noag, het saam met hulle pa uit die ark gekom.

19. Al die mense in die wêreld stam af van hierdie drie seuns.

20. Ná die vloed het Noag die grond bewerk en ’n wingerd geplant.

Genesis 9