Genesis 5:27-30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Hy was 969 jaar oud toe hy dood is.

28. Toe Lameg 182 jaar oud was, is sy seun Noag gebore.

29. Lameg het hierdie seun Noag genoem, want hy het gesê: “Hy sal ons opbeur in die vermoeiende handewerk wat ons moet doen op die grond wat die Here vervloek het.”

30. Ná die geboorte van Noag het Lameg nog 595 jaar gelewe. Hy het ook ander seuns en dogters gehad.

Genesis 5