25. Mag die God van ons vaders jou help;mag die Almagtige jou seënmet die seëninge uit die hemel daarbo,seëninge van die aarde hieronder,en seëninge van borste en moederskoot.
26. Mag die seëninge van jou pameer wees as die seëninge van die ewige berge,as die oorvloed van die eeue oue heuwels.Hierdie seëninge sal op die kop van Josef kom,hy wat die leier is onder sy broers.
27. “Benjamin is ’n wolf op soek na prooi.Hy verslind sy prooi in die oggenden in die aand verdeel hy die buit.”
28. Dit is die twaalf stamme van Israel en dit is die seëninge waarmee Jakob sy twaalf seuns geseën het. Elkeen het ’n seën ontvang wat vir hom toepaslik was.