Genesis 46:4-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

4. Ek gaan saam met jou Egipte toe, maar Ek sal julle weer terugbring. Wanneer jy sterf, sal Josef by jou wees om jou oë toe te druk.”

5. Jakob het gereedgemaak om vanaf Berseba te vertrek, en sy seuns het hom na Egipte toe gebring. Hulle het hulle pa, hulle kinders en hulle vroue op die waens laat klim wat die farao saamgestuur het.

6. Hulle het ook hulle lewende hawe en al die ander besittings wat hulle in Kanaän bymekaargemaak het, saamgeneem. So het Jakob en sy hele nageslag in Egipte aangekom:

7. sy seuns en kleinseuns, sy dogters en kleindogters – sy hele familie.

8. Dit is die name van die Israeliete, die nageslag van Jakob, wat saam met hom na Egipte toe gegaan het: Ruben, Jakob se oudste seun.

9. Die seuns van Ruben was Ganok, Pallu, Gesron en Karmi.

Genesis 46