Genesis 46:18-24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

18. Dit is die sestien afstammelinge wat Silpa vir Jakob in die wêreld gebring het. Laban het Silpa vir sy dogter Lea as slavin gegee.

19. Josef en Benjamin was die seuns van Jakob se vrou Ragel.

20. In Egipte is twee seuns vir Josef gebore. Asenat, dogter van Poti-Fera, priester van On, het aan hulle geboorte gegee. Hulle was Manasse en Efraim.

21. Benjamin se seuns was Bela, Beker, Asbel, Gera, Naäman, Egi, Ros, Muppim, Guppim en Ard.

22. Dit is die veertien seuns en kleinseuns wat Ragel vir Jakob in die wêreld gebring het.

23. Dan en sy seun Sugam.

24. Naftali en sy seuns Jagseël, Guni, Jeser en Sillem.

Genesis 46