34. Die farao moet dan beamptes oor die hele land aanstel sodat hulle een vyfde van die oeste gedurende die sewe voorspoedige jare kan invorder.
35. Laat hulle al die kos en graan van hierdie goeie jare in koninklike skure stoor en daaroor toesig hou sodat daar kos sal wees in die verskillende stede.
36. Op hierdie manier sal daar genoeg wees om te eet wanneer die sewe jaar van hongersnood aanbreek. Indien dit nie gedoen word nie, sal ’n ramp die land tref en al die mense sal omkom.”
37. Die farao en sy raadgewers was in hulle skik met Josef se voorstel.
38. Die farao beraadslaag toe met sy amptenare: “Waar sal ons nog iemand kry soos hierdie man? Hy het verseker die gees van die gode in hom.”