Genesis 41:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

1. Twee jaar later het die farao gedroom hy staan langs die Nylrivier.

2. Hy sien hoe sewe mooi vet koeie uit die water kom en in die gras begin wei.

3. Toe kom daar sewe ander koeie uit die water uit, maar hulle was lelik en baie maer. Hulle het by die vet koeie gaan staan.

Genesis 41