Genesis 40:2-8 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

2. Die farao was baie ontevrede met die twee amptenare

3. en het hulle in dieselfde tronk gegooi waar Josef was. Dit was die tronk van die hoof van Farao se lyfwag.

4. Die hoof van die lyfwag het Josef aangestel om hulle te bedien. Toe hulle al vir geruime tyd in aanhouding was,

5. het die skinker en die bakker elkeen in die nag ’n droom gehad met ’n eie betekenis.

6. Die volgende oggend sien Josef dat die twee baie neerslagtig lyk.

7. “Hoekom lyk julle vanmôre so bedruk?” vra hy.

8. Hulle antwoord hom: “Albei van ons het laas nag gedroom, maar niemand kan dit vir ons verklaar nie.”“Om drome te verklaar, is die werk van God,” antwoord Josef. “Vertel my wat julle gedroom het.”

Genesis 40