Genesis 36:33-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

33. Toe Bela sterf, het Jobab, seun van Sera, uit Bosra koning geword.

34. Toe Jobab sterf, het Gusam uit die land van die Temaniete koning geword.

35. Toe Gusam sterf, het Hadad, seun van Bedad, koning geword en vanuit die stad Awit regeer. Hy het die leër van die Midianiete in die land van Moab verslaan.

36. Toe Hadad sterf, het Samla uit die stad Masreka koning geword.

Genesis 36