Genesis 35:27-29 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

27. Jakob is toe na sy pa, Isak, in Mamre. Dit is naby Kirjat-Arba, nou genoem Hebron, waar Abraham destyds gewoon het.

28. Isak het 180 jaar oud geword.

29. Hy is ná ’n vol lewe op ’n rype ouderdom oorlede. Sy twee seuns, Esau en Jakob, het hom begrawe.

Genesis 35