4. Maar Esau het aangehardloop gekom, hom om die nek geval en hom gesoen. Albei was in trane.
5. Esau kyk toe na die vroue en kinders en vra: “Wie is hierdie mense saam met jou?”“Dit is die kinders wat God in sy goedheid aan u dienaar gegee het,” antwoord Jakob.
6. Eers kom die slavinvroue en hulle kinders nader en buig voor hom.
7. Toe kom Lea met haar kinders en buig ook voor hom. Laaste kom Ragel en Josef en doen dieselfde.
8. “En wat is jou bedoeling met al daardie goed wat ek gekry het?” vra Esau.“Dit is geskenke om u goeie guns te wen, my heer,” antwoord Jakob.
9. “My broer, ek besit self baie,” sê Esau. “Laat wat aan jou behoort, joune bly.”